Pak toekoms met genoeg insig aan

Tydens ’n baie insiggewende landbou­konferensie, waarop boere idees uitgeruil het oor hoe om ’n meer holistiese benadering tot die bedryf op die proef stel, was dit ongelooflik om net weer te besef hoe wonderlik die natuur is.


Tydens ’n baie insiggewende landbou­konferensie, waarop boere idees uitgeruil het oor hoe om ’n meer holistiese benadering tot die bedryf op die proef stel, was dit ongelooflik om net weer te besef hoe wonderlik die natuur is.

Hoe Moeder Natuur insek, dier, gras, water en grond gebruik om die balans van haar welstand op haar eie tyd te herstel.

Verskeie spesialiste het praatjies gelewer en aan konferensiegangers verduidelik hoekom dit vir ons en ons nageslag noodsaaklik is om die bestaande ekosisteem te balanseer en te herstel.

In vooruitgang streef die mens na vinniger en beter maniere om geriefliker te lewe. Tog, in die proses is daar ’n geneigdheid dat juis die vinniger en makliker maniere tot nadeel kan wees.

Op die konferensie is byvoorbeeld klem gelê op hoe nadelig sommige gifstowwe reeds op die duur vir die landboubedryf is.

Daar is ook met opgewondenheid vertel van hoe die natuur met slim tegnieke ingespan kan word om die skade wat reeds aangerig is te herstel.

Hoewel dit op kort termyn ’n goeie oplossing is om gifstowwe van die rak af te gebruik, sal die holistiese benadering van herlewingslandbou meer voordelig vir die boer en sy nageslagte wees.

Dit is ’n baie tydsame proses, wat geduld gaan verg, maar sal beslis tot voordeel van die boer strek.

Vooruitgang is belangrik, maar soms is dit nodig om terug te keer na “back to basics” om volhoubaarheid te verseker.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.