David van Deventer van Bethlehem wys hy skrik nie vir ’n skaapkop nie op die Maluti-skaapkop-ete wat op 15 September by die Maluti-Hooglandskool aangebied is. Vir diegene wat nie dapper genoeg was om aan die skaapkop weg te lê nie, was daar ’n skaapspit-ete waaraan hulle kon smul. Van Deventer was ’n gas van Ultra Liquors op die geleentheid.Foto: Coleen Cilliers