Die agt nuwelinge in die Arlington-distrik wat van einde 2021 tot Junie 2022 hul opwagting gemaak het, is saam met hul ma’s van links Roche Visagie met Luna (wat op 6 Junie 2022 gebore is), Marike Swanepoel met Ilané (16 Maart 2022), Theresa Roodt met Leandra (14 Januarie 2022), Lize Terblanche met Ellané (24 Maart 2022), Elandrie Brand met Adoné (27 Januarie 2022), Carli le Roux met Lomon (31 Januarie 2022), Joanie Angus met William John (19 November 2021) en Annemien van Tonder met Albert (21 Oktober 2021).Foto: Irma van Deventer: Dandelion-fotografie


Die gemeenskap in die Arlington-distrik het in minder as ’n jaar agt nuwe babas verwelkom, uit agt gesinne wat daar boer.

Van Oktober 2021 tot Junie 2022 het die agt kleingoed een ná die ander hul opwagting gemaak.

Lize Terblanche, een van die ma’s, het besluit om die ander te kontak en met die idee vorendag gekom dat almal saam afgeneem word om die geskiedkundige gebeurtenis te vier.

Op 14 Julie het die ma’s en hul kroos op die Angus-familie se plaas Whispering Willows bymekaargekom vir die spesiale foto.

“Ons is geseën om in ons klein gemeenkskap soveel nuwe lewens te verwelkom, en dit was baie opwindend om almal saam ons swangerskappe te kon deel,” sê Joanie Angus, een van die ma’s.

Die Angus-familie is sedert die 1880s deel van Arlington-gemeenskap, en klein William John Angus, Joanie se seuntjie, is die sesde geslag wat in Arlington sal grootword.

So is ook die nuwe aankomelinge Albert van Tonder, Adoné Brand en Leandra Roodt se families al geslagte deel van die gemeenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article