Ouers in hof na baba, kleuter doodbrand in huis

Die ouers van die baba en kleuter wat die afgelope naweek weens nalatigheid dood gebrand het, het in die landdroshof in Reitz verskyn.


Die ouers van die baba en kleuter wat die afgelope naweek weens nalatigheid dood gebrand het, het in die landdroshof in Reitz verskyn op aanklag van kinderverwaarlosing en sal in aanhouding bly.

Palesa Mngomezulu (25) en Ben Nhlapo (23) van Petsana in Reitz het op Maandag 5 Mei vlugtig in die Reitz-landdroshof verskyn.

Dit volg nadat die egpaar se twee kinders, ‘n sewe maande oue baba en ‘n kleuter van 18 maande,  alleen by die huis gelos is. ‘n Brand het ontstaan en die kinders se liggame het onherkenbaar verbrand.

Die egpaar het Saterdagaand 3 Mei omstreeks 22:45  besluit om by ‘n plaaslike kuierplek te gaan kuier en het die twee kinders alleen gelaat.

Inwoners van die buurt het die ouers by die kuierplek kom roep om te sê hulle huis brand.  Die polisie het met hul aankoms uitgevind dat die twee kinders alleen tuis was. 

‘n Saak van geregtelike doodsondersoek is geopen en die ouers word vir en kinderverwaarlosing aangekla. Owerhede ondersoek die saak asook die oorsaak van die brand. Die ouers sal weer op Maandag 12 Mei in die hof verskyn. 

Die ouers van die baba en kleuter wat die afgelope naweek weens nalatigheid dood gebrand het, het in die landdroshof in Reitz verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.