Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is ’n dinamiese organisasie wat aan mense met verslawings en hul gesinslede ondersteuning bied.
“Ons ondersteun hulle fisiek, psigologies, sosiaal en geestelik, en help hulle om produktiewe en gelukkige mense te wees,” sê Jacques Botha, voorsitter van CAD Vrystaat.
Die groep vergader Dinsdae om 18:00 in die Metodistekerk by Cross-straat 86, Kroonstad. Enigeen is welkom om dit by te woon. Belangstellendes kan Botha by 072-125-0506, Enna Gerritzen (voorsitter van CAD Kroonstad) by 083- 592- 2903, Alesia van Rensburg (sekretaresse Kroonstad) 076- 261- 6853 of Esta Delport by 083-951-5205 bel of stuur ’n e-pos na cadvrystaat@gmail.com.