Die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) is ’n dinamiese organisasie wat aan mense met verslawings en hul gesinslede ondersteuning bied.
“Ons ondersteun hulle fisiek, psigologies, sosiaal en geestelik, en help hulle om produktiewe en gelukkige mense te wees,” sê Jacques Botha, voorsitter van die CAD Vrystaat.
Die groep vergader Dinsdae om 18:00 in die Metodistekerk by Cross-straat 86, Kroonstad.
Bel Botha by 072-125-0506; Enna Gerritzen, voorsitter van die CAD Kroonstad, by 083-592-2903; Alesia van Rensburg, Kroonstadse sekretaresse, by 076-261-6853; of Esta Delport by 083-951-5205. E-pos kan ook na cadvrystaat@gmail.com gestuur word.