Oplossings vir elkeen

Nashua-Kroonstad het in die afgelope ses maande behoorlik sy aandag getrek en spog met 100% kliëntetevredenheid.


Nashua-Kroonstad het in die afgelope ses maande behoorlik sy aandag getrek en spog met 100% kliëntetevredenheid.

Suid-Afrikaners neig om onafhanklik van water en kragvoorsieners te funksioneer en daarom is Nashua se energie-oplossings die nommer een keuse.

Nashua-Vrystaat, -Noord-Kaap en -Lesotho bied aan alle sakeondernemings, private wonings en boere ’n unieke energie-oplossing. Die sonkragstelsels met verskeie opsies van hoogstaande gehalte bied gemoedsrus vir alle landburgers weens die voortslepende beurtkraguitdagings.

Kliënte kry die versekering dat die sonkragstelsels vlak een produkte is, wat beteken dit is hoë gehalte produkte met ’n waarborg en naverkope-diens.

Nashua sien om na elke kliënt se spesifieke behoeftes en sal ’n energie-oudit doen om kliënte se spesifieke behoeftes te bepaal en om vir hulle wêreldklasoplossings en deurlopende monitering, instandhouding en ondersteuning te bied.

Alternatiewe energie-oplossings kan kompleks wees, tog verseker Nashua dat hy energie-oplossings glad en doeltreffend aan die gang sal hou.

Slegs ’n handvol produkte van wêreldklas-gehalte word deur die onderneming aangekoop en hy lewer puik vakmanskap en installasie- dienste. Daarby bied hy finansiëring vir kliënte aan wat 100% deur Nashua gefinansier word en nie deur ’n derde party soos meeste ander ondernemings nie.

Kliënte van Nashua het die opsie om kontant vir die produkte te betaal, of om die finaniëring te gebruik wat van een tot sewe jaar strek. Sonkragstelsels kan ’n duur proses wees, maar is vir almal beskore danksy die finansieringsopsies.

Om in sonkragstelsels te belê sal nie net die kliënt in staat stel om onafhanklik te funksioneer nie, maar voeg waarde toe tot kliënte se eiendom.

Nashua bied uitstekende waarborge op hulle produkte met ‘n minimum van 10 jaar waarborg op omskakelaars en batterye en tot en met 25 jaar op sonpanele. Die onderneming onderneem om kliënte stap-vir-stap by te staan met alle aspekte van die installering, byvoorbeeld om toestemming by eksterne entiteite soos Eskom of die plaaslike munisipaliteit te verkry.

Besoek Nashua-Kroonstad by President­- straat 37, Kroonstad, of skakel 056-216-7667 vir verskeie sonkragopsies.

Nashua se sonkragstelsels bied die volgende
  • Produktiwiteit word nie tydens beplande of onbeplande kragonderbrekings beïnvloed nie.
  • Integrasie met netwerktoevoer na jou alternatiewe rugsteuntoevoer verseker ’n naatlose oorgang selfs wanneer die netwerk afgaan.
  • Kliëntediens van ondernemings bly konsekwent tydens kragonderbrekings, aangesien internet- en telefoonlyne nie geraak sal word nie
  • Geen vooraf kapitaaluitgawe nie, danksy pasgemaakte huuroplossings.
  • Verminder sekuriteitskwesbaarheid – hou sekuriteitstelsels (ligte, alarms en heinings) aan tydens kragonderbrekings.
  • IT-infrastruktuur word nie deur kragonderbreking geraak nie.
’n Kliënt getuig

“Weens die voortslepende beurtkrag wat natuurlik ’n reuse-impak op ons boere in die landbousektor het, is ons genoodsaak om na alternatiwe energie-opsies te kyk. Danksy Nashua-Kroonstad se sonkragstelsels, puik diens en ondersteuning het ons die perfekte oplossing vir ons boerdery gevind.

“Ons weet skaars van beurtkrag en die vloei van ons daaglikse werksaamhede op die plaas gaan ongesteurd voort. Hiermee wil ons graag vir Nashua-Kroonstad bedank vir hul flinke en deeglike dienslewering sodat ons die boerdery volhoubaar en met gemoedsrus kan voortsit,” sê Michelle Erasmus van Erasmus Familie Boerdery in die Koppies-distrik.

You need to be Logged In to leave a comment.