Opknappers beloon vir hul bydrae

Die Ignite and Revive organisasie in Kroonstad het in Desember toekennings aan die ondernemings gegee wat ’n sirkel of verkeerseiland aangeneem het en deur die jaar instandgehou en opgeknap het. In die Eerste plek het aan BB Trailer en Toolhire se si

Die BB Trailer and Toolhire sirkel in Kroonstad is as die sirkel aangewys wat die beste onderhou is. Hier is, van links, Martin Botha, Megan Botha en Sylvia de Gouveia (almal van Ignite and Revive) by Ben Burger van BB Trailor and Toolhire wat die toekenning ontvang. Foto’s: verskaf

Credit: SYSTEM

Die Ignite and Revive organisasie in Kroonstad het in Desember toekennings aan die ondernemings gegee wat ’n sirkel of verkeerseiland aangeneem het en deur die jaar instandgehou en opgeknap het. In die Eerste plek het aan BB Trailer en Toolhire se sirkel gegaan. In die tweede plek was dit U-Cole-Mi-Dio se sirkel en in die derde plek het Royal Finance die toekenning opgraap.

“Dit is vir ons wonderlik om te sien hoeveel moeite die ondernemings met hul sirkels of eilande doen. Dit is beslis ’n aansporing vir ander en ons moedig die gemeenskap aan om deel te word raak van dié besonderse projek. Diegene wat belangstel kan my gerus kontak,” sê André van Pletzen, wat aan stuur staan van Ignite and Revive in Kroonstad.

Die organisasie het ’n groot rol in die Kroonstad Dorp van die Jaar gespeel en is van mening dat hulle dié jaar nóg groter hoogtes sal bereik.

You need to be Logged In to leave a comment.