Die laaste vol supermaan vir 2022 het die hemelruim Vrydag (12/08) indrukwekkend verlig. Die term supermaan beskryf die verskynsel wanneer die maan ten tyde van die volmaanfase in sy wentelbaan baie naby aan die aarde verbybeweeg en die maan dan baie groter en duideliker as normaalweg vertoon. Deur die loop van vanjaar sou belangstellende aardbewoners in Mei, Junie, Julie en Augustus ’n supermaan kon aanskou. Grietjie Lee van Rosendal is hier op haar fiets, met die supermaan bo haar. Die onderskrif van die foto lees: “Die pad na die maan bestaan.” Foto: Debbie Agenbag

Credit: SYSTEM