Oos-Vrystaat in lente-sneeukombers toegedraai

Sprokiesmooi-foto’s van ‘n spierwit sneeubedekte Oos-Vrystaat is vroeg op Maandag 30 Oktober wyd op sosiale media gedeel.


Sprokiesmooi-foto’s van ‘n spierwit sneeubedekte Oos-Vrystaat is vroeg op Maandag 30 Oktober wyd op sosiale media gedeel.

Oos- en Noord-Vrystaters in bibberende weer hul week begin.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein verlede week ’n waarskuwing uitgereik dat skerp daling in temperature vroeg vandeesweek in die streke mag voorkom. Die kouer weer kom nadat die streke in Oktober ’n erge hittegolf en droë weerstoestande beleef het.

“Die sneeu is tans so 7 cm diep en dit het omstreeks 07:40 vanoggend hier by ons buite Kestell begin sneeu. So voor 12:00 was die maksimum temperatuur ‘n volle 2 ºC,” sê Jana Burger van die plaas Welkom buite Kestell.

Dit het toe steeds liggies in die omgewing gesneeu.

Die 5-jarige Kara Burger baljaar lekker in die sneeu nadat dit op hul plaas buite Kestell gesneeu het. Foto: Jana Burger

Sneeu kom tans oor groot dele van die Oos-Vrystaat, Lesotho en Drakensberge in KwaZulu-Natal voor.

Erica van Greenen het op VrystaatKroon se Facebook-blad ‘n inskrywing geplaas dat selfs inwoners van Vanderbijlpark yskoud kry met skamele 5 ºC.

Marcelle Scott van Kestell het ‘n foto gedeel waar haar twee spruite in die sneeu buite Kestell baljaar en Pierre van der Walt het geskryf dat dit bitter koud in Springs is met fyn misreën.

Talle video’s deur motoriste van sneeu in die Harrismith-omgewing en bergpasse is ook gedeel.

Pragtige rose wat begin blom het in die lente is nou onder ’n sneeukombers ná sneeuneerslae in die Oos-Vrystaat.Foto: Jana Burger

Alhoewel mense die weerpatrone as vreemd beskou was hulle baie ingenome met die pragtige sneeufoto’s in die lente.

“Die sneeuneerslae sal tot Dinsdag duur waarna dit sal opklaar en warmer weer word vanaf Woensdag oor die grootste dele van die Oos- en Noord-Vrystaat voorspel,” sê Julius Mahlangu van die Suid -Afrikaanse Weerdienste in Bloemfontein.

Op ‘n plaas in die Aberfeldy-omgewing tussen Kestell en Harrismith het ‘n spierwit skouspel geword op Maandagoggend 30 Oktober. Foto: Riani Marx
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.