Die jaarlikse derby tussen die Hoërskool Voortrekker (BVHS) en die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is aangepak as deel van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks en het verskeie naelbyt-oomblikke verskaf.
Die wedstryde in dié kragmeting is op 17 en 18 Mei in Bethlehem gespeel.
In die spanningsvolle rugby-eindstryd was dit Witteberg wat ná meer as ’n dekade die tuisspan op sy veld geklop het, met ’n eindtelling van 25 – 22.
BVHS het sewe uit die tien rugbywedstryde gewen, een gelykop gespeel, en twee verloor.
Die BVHS-netbalspan het ’n skitterende dag beleef deur tien van die 16 wedstryde te wen.
Dié skool se eerste netbalspan het sy onoorwonne rekord in die Wesgrow-reeks behou deur Witteberg oortuigend met 52 – 34 te klop.
Uit die staanspoor het BVHS die wedstryd oorheers, en die rustydtelling was 26 – 20 in BVHS se guns.
Jasmine Liebenberg van BVHS is as speler van die wedstryd aangewys.
BVHS se meisieshokkiespanne het ook indruk gemaak deur ses van die sewe wedstryde te wen. Die eerste span het Witteberg met 1 – 0 geklop.
Carli Oosthuizen is as die speler van dié wedstryd aangewys.
BVHS se seunshokkiespanne het twee wedstryde gewen en twee verloor.
Die uitslae is soos volg, met BVHS se telling telkens eerste:
Rugby
- eerste span: 22 – 25;
- tweede span: 21 – 3;
- derde span: 45 – 7;
- vierde span: 32 – 14;
- o.16A: 53 – 18;
- o.16B: 15 – 15;
- o.15A: 22 – 17;
- o.15B: 5 – 29;
- o.14A: 18 – 5; en
- o.14B: 34 – 12.
Hokkie (meisies)
- eerste span: 1 – 0;
- tweede span: 4 – 0;
- derde span: 4 – 0;
- o.16A: 2 – 0;
- o.16B: 6 – 0;
- o.14A: 2 – 1; en
- o.14B: 0 – 7.
Hokkie (seuns)
- eerste span: 0 – 1;
- tweede span: 1 – 2;
- o.16A: 2 – 0; en
- o.14A: 4 – 2.
Netbal
- eerste span: 52 – 34;
- tweede span: 20 – 21;
- derde span: 14 – 18;
- vierde span: 18 – 7;
- o.17A: 27 – 10;
- o.16A: 26 – 8;
- o.16B: 45 – 7;
- o.16C: 31 – 11;
- o.15A: 16 – 33;
- o.15B: 12 – 28;
- o.15C: 23 – 11;
- o.15D: 19 – 5;
- o.14A: 21 – 16;
- o.14B: 9 – 16;
- o.14C: 11 – 16; en
- o.14D: 8 – 5.