Oorsprong van dag is nie vreugde

“Dit begin vroegoggend,” skryf sy, “bood­skappe omraam met blomme, of deurspek met spykerhakke en krulletters: Gelukkige Vrouedag!”.


“Dit begin vroegoggend,” skryf sy, “bood­skappe omraam met blomme, of deurspek met spykerhakke en krulletters: Gelukkige Vrouedag!”

“Ek is al effens lugtig vir 9 Augustus,” skryf ds. Elmarie Dercksen, ’n NG-leraar in ’n meningstuk op Netwerk24.

Gedagtig aan die oorsprong van dit wat daartoe gelei het dat Nasionale Vrouedag op dié dag in Suid-Afrika herdenk word, is Dercksen in die kol wanneer sy skryf dat Vrouedag nie veronderstel is om ’n gelukkige gebeurtenis te wees nie. Vrouedag het sy oorsprong uit 1956 toe meer as 20 000 Suid-Afrikaanse vroue van alle rasse by die Uniegebou in Pretoria uit protes teen paswette byeen gekom het. Daar het hulle ’n petisie met meer as 100 000 handtekeninge oorhandig.

Die vroue het in stilte voor die destydse eerste minister se kantoor gestaan, en toe die proteslied met die aangepaste woorde “Now you have struck a woman, you have struck a rock” gesing.

Nou sal sommige op dié dag hul skouers optrek; ander sal dit effens met Valentyns- en Moedersdag verwar. Uit polisieverklarings is dit duidelik dat vroue op soveel verskillende maniere steeds slagoffers is.

Op dié dag, kyk na vroue om jou. Die huiswerker wat donkeroggend haar huis en gesin agterlaat om haar dag se loon te verdien. Die vrou by die kasregister wie se kind dalk siek by die huis is. Die stylvolle vrou met duur klere en ’n vol inkopietrollie wie se man haar dalk mishandel. Sien hul krag, trots, dalk hul wanhopigheid. Kyk hulle in die oë, gee ’n glimlag, wat dalk bemoedig.

Die Chileense skrywer Isabel Allende het gesê: “I can promise you that women working together – linked, informed and educated – can bring peace and prosperity to this forsaken planet.”

You need to be Logged In to leave a comment.