Oop water vreesloos aangedurf

Die jaarlikse Midmar-myl-oopwaterswemgeleentheid het die afgelope naweek plaasgevind, en 54 lede van die Bethseals-swemklub van Bethlehem het deelgeneem.


Die jaarlikse Midmar-myl-oopwaterswemgeleentheid het die afgelope naweek plaasgevind, en 54 lede van die Bethseals-swemklub van Bethlehem het deelgeneem.

Die 52ste Midmar-myl, een van die grootste jaarlikse oopwaterswem­byeenkomste in die land, is vanjaar op 8 en 9 Februarie by die Midmardam in Howick, KwaZulu-Natal, gehou.

Lede van Bethseals het in hul onderskeie afdelings deelgeneem en presteer. Uitsonderlike prestasie sluit in:

  • Jacques Nel (51) het vanjaar sy 25ste Midmar-myl geswem;
  • die agt-jarige Anke Bruwer het haar eerste Midmar-myl voltooi; en
  • Nacah Bosch, Hendrik Jansen van Rensburg, Marina Meyer, Hanlie van der Linde en Marlize Bosch het ook vanjaar aan hul eerste Midmar-myl deelgeneem en die uitdaging voltooi.

“Ons swemmers het werklik goed gevaar, en ek is baie trots op elkeen van hulle,” sê Tina Nel, afrigter vir die swemklub.

Nel het vanjaar haar 21ste Midmar-myl geswem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.