Vanjaar het ’n groep van 41 lede van die Bethseals-swemklub in Bethlehem aan die Midmar-myl-uitdaging deelgeneem.
Die 51ste Midmar-myl, een van die grootste oopwaterswembyeenkomste in Suid-Afrika, is vanjaar op Saterdag 10 Februarie en Sondag in die Midmar-dam by Howick in KwaZulu-Natal aangebied.
Gaby Bishop was eerste in die ouderdomsgroep vir vroue van 14 tot 30 jaar, en algeheel tweede in die vroue-afdeling, in ’n tyd van 28:05.
Jayden Maritz was in die ouderdomsgroep vir mans van 14 tot 30 jaar sesde, in 25:42; en Kennith Outram was agtste in dieselfde afdeling.
Die volgende lede van Bethseals het hul eerste Midmar-myl-uitdaging voltooi: De Wet Nel, Timothy Orsmond, Janke Exley, Heili van Heerden, Elzaan Rautenbach, Albè Rautenbach, WT Bester, Anelle de Bruin, Alrich Zietsman, Dawid Shephard, Jemma Shephard, Lana Meyer, Lana Wessels en Noëline Mathee.
Hulle word deur Tina Nel afgerig.
– Madli Grobbelaar