Die plaaslike Dihlabeng-munisipaliteit, wat Bethlehem, Fouriesburg, Paul Roux, Clarens en Rosendal insluit, kon vir etlike jare nie daarin slaag om sleutelbestuursposte te vul nie.
Aan die woord is Lieb Liebenberg, VF Plus-raadslid van die Dihlabeng-munisipaliteit.
Vier direkteursposte, asook die munisipale bestuurderspos, is steeds vakant. Die pos van die hoof-finansiële beampte is sedert Desember 2020 vakant met amptenare wat herhaaldelik op ’n waarnemende grondslag in die poste aangestel word.
Die ander poste sluit in die direkteur van tegniese dienste en infrastruktuur, gemeenskapsdiens, korporatiewe dienste, plaaslike ekonomiese ontwikkeling en die hoof-finansiële beampte wat nou waarnemend gevul is.
“So lank as wat die munisipaliteit sloer om permanente aanstellings in hierdie sleutelposte te maak, sal die gebrek aan kontinuïteit en bestendige bestuur in hierdie departemente aanhou lei tot swak dienslewering.”
Liebenberg voer verder aan dat Dihlabeng dringend stabiliteit in die munisipale bestuur benodig. Hy reken dat die begrotings vir die afgelope twee finansiële jare, wat deur drie verskillende waarnemende munisipale bestuurders afgeteken is, moet nou deur ’n nuwe aangestelde munisipale bestuurder uitgevoer word.
“Die ANC se beheptheid met regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) maak die poel van geskikte kandidate al kleiner.”