Ook jy is ’n briefie

Mense se opvoeding laat diep spore, en daarby is die invloed van liefdevolle ouers en grootouers natuurlik blywend. Die stelling is weer bevestig toe ek by die knap en humoristiese Hendrina, hier van Kroonstad, besoek aflê.


Mense se opvoeding laat diep spore, en daarby is die invloed van liefdevolle ouers en grootouers natuurlik blywend. Die stelling is weer bevestig toe ek by die knap en humoristiese Hendrina, hier van Kroonstad, besoek aflê.

Hendrina vertel sy was drie maande oud toe haar ma oorlede is en haar ouma haar moes grootmaak.

Dit was met baie liefde en goeie dissipline, spog sy.

Haar ouma het haar geleer: “My kind, jy moet bly soos jy is. Jy moet onthou jy is die briefie as jy hierdie huisietjie verlaat, wat jy moet uitdra na ander mense.

“So onthou my kind: Respek kom altyd eerste en wees ’n goeie briefie.”

Hendrina vertel dat haar ouma altyd aan haar voorgehou het dat hulle ryk is.

“Ek het haar geglo tot die dag toe ek besef het daar is nie geld vir skoolskoene nie, maar ek het besef wat sy bedoel het. Ons is ryk van binne, en nie met aardse goed nie.”

Hendrina deel ook die mees komiese staaltjies uit haar kinderdae met soveel genot, wat ’n mens behoorlik laat skaterlag.

Ek merk op dat haar ouma se liefde en wyshede van haar ’n besonderse, opregte, goed gemanierde en humoristiese vrou gemaak het.

Mag ons altyd onthou dat ons almal briefies uit ons huisietjies is wat ’n boodskap na die wêreld daar buite uitdra.


Jeanie Hattingh,

Kroonstad

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.