Ontluikende boere kry leiding

Die minister van landbou, John Steenhuisen, was een van die sprekers op ’n saamtrek vir ontluikende boere verlede week in Edenville.


Die minister van landbou, John Steenhuisen, was een van die sprekers op ’n saamtrek vir ontluikende boere verlede week in Edenville.

Op die tiende Sernick-boeredag op 7 Februarie het Steenhuisen verskeie landboukwessies aangespreek, waaronder landelike veiligheid, veediefstal, geldelike uitdagings en die kwessies rondom grondhervorming.

“Baie ontluikende boere werk onder onsekere huurkontrakte. Die oordrag van titelaktes sal aan hulle voldoende sekuriteit, toegang tot krediet en verskeie langtermynbeleggingsgeleent-hede gee. Dit sal ’n spel-veranderaar vir ekonomiese groei en werkskepping in die landbou wees. Daarom is dit belangrik om die grondhervormingbeleid en kwessies daarom spoedig uit te sorteer,” meen Steenhuisen.

Vandeesweek sal Steenhuisen met Senzo Mchunu, die minister van polisie, vergader om uitdagings rondom landelike veiligheid en veediefstal te bespreek. Hy het dié besprekingspunte reeds in ’n brief onder Mchunu se aandag gebring.

Volgens Steenhuisen het die landboubedryf sedert 2011 wel 43,2% meer werksgeleenthede geskep – groei van 653 000 poste tot 935 000 in 2024.

“Landbou bied een van die vinnigste maniere om werk te skep.

“Deur in ontluikende boerderye en vaardigheids­ontwikkeling te belê, sal ons Suid-Afrika se volle potensiaal kan ontsluit.”

Die minister het ook met die boere oor geldelike uitdagings gesels.

Steenhuisen het Nick Serfontein, hoof van die Sernick-groep, bedank vir die bydrae wat hy lewer om ontluikende boere te ondersteun.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.