Dié sonsondergang is vanaf die Witteberge by Rosendal, wat deel is van die Maluti-bergreeks in die Oos-Vrystaat, geneem. Bonni Meyer, ’n inwoner, sê dit is haar gunsteling-tyd van die dag in dié dorp. Wat die foto spesiaal maak, is dat die sonstrale op twee eiertjies in die nessie van ’n patrys geskyn het. “Die lig het wonderlik saamgespeel met die ontdekking van die eiertjies wat sommerso oop en bloot en weerloos in die natuur gelê het,” sê Meyer. Bospatryse is bekend daarvoor dat hulle hul nessies op die grond onder beskutting maak. Dit neem drie weke vir die wyfies om die eiers uit te broei.Foto: Bonni Meyer


Onthul die weerlose

You need to be Logged In to leave a comment.