Ontbyt vol kennis, hoop

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het ’n sakeontbyt aangebied waarop Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, en Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, as gassprekers opgetree het.


Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het ’n sakeontbyt aangebied waarop Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad, en Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, as gassprekers opgetree het.

Die geleentheid het op 13 Maart in die Clarkesaal van die skool plaasgevind.

Gesprekke en toespake het hoofsaaklik gehandel oor droogte, die verkiesing, asook oor dorpe wat swaarkry.

Met die tema “Hoekom daar nog baie rede tot hoop is” het Sihlobo ’n toepraak gelewer, waarna Burgess ’n gesprek met hom oor die tema gevoer het.

“Die sakeontbyt is goed ondersteun,” sê Benette Brits, adjunkhoof van die Hoërskool Voortrekker.

“Ons is opreg dankbaar vir ons gassprekers wat redes om te hoop aan ons gaste oorgedra het. Dit was werklik ’n besonderse en insiggewende geleentheid.”

Brits het die matriekouerkomitee van die skool bedank vir die reëlings wat rakende die ontbyt getref is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.