Ondersteuners op gholfdag trakteer

Die gemeenskapsorganisasie Changenetsa (CNSA) in Bethlehem het op Vrydag 18 Maart ’n gratis gholfdag by die Bethlehem-buiteklub aangebied om sy dank te bewys aan sakeondernemings en individue wat gereeld ’n bydrae lewer.

Altesaam 66 gholfspelers het deelgeneem, en spelers en besoekers is op verversings trakteer. As algehele wenner het Francois Jonker en Edward van Vollenhoven ’n wegbreek-naweek gewen.

Chris Karsten en Connie Claasen was tweede op ’n uittelbasis, gevolg deur At Schoombie en Van Vollenhoven.

“Die sukses van ons organisasie kon alleenlik verkry word met die samewerking van sakeondernemings en die gemeenskap se volgehoue ondersteuning,” sê Justice Scott, stigter van die CNSA.

Die organisasie se koopbewys-stelsel het uitgebrei, en mense kan nou vir behoeftiges ’n CNSA-koopbewys gee wat hulle dan vir hul benodigdhede by die organisasie kan inruil.

Die CNSA, in samewerking met verskeie sakeondernemings, sien om na behoeftiges deur hulle met volhoubare huisvesting, lewensopvoeding en geestelike opbouing by te staan.

Belangstellendes kan 082-777-1776 skakel vir meer inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.