Onderrig gee vlerke

Die Hoërskool Trio is ’n dubbelmedium Afrikaans en Engelse skool in Kroonstad en staan bekend as die alles-in-een-skool.

Zandri de Witt het on­derskeidings in Engels, wiskunde, lewensoriën­tering, verbruikerstudie, lewenswetenskap en fisiese wetenskap.

Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Trio is ’n dubbelmedium Afrikaans en Engelse skool in Kroonstad en staan bekend as die alles-in-een-skool.

Trio is ’n toekomsgerigte skool van uitnemendheid vir die algehele ontwikkeling van elke leerling.

Die skool spog met ’n 100%-slaagsyfer in die 2023 matriekeindeksamen, waarin die toppresteerder, Leané Labuschagne, agt onderskeidings verwerf het.

Die vier toppresteerders van die skool is op die Sasol- spesiale prysuitdelings­geleentheid vir hul uitnemende prestasies vereer. Trio het ’n 81,12% baccalareus-vrystelling behaal, en 23 vakke is met 100% geslaag.

Boonop is Trio aangewys as een van die tien topskole in die Vrystaat wat in wiskunde presteer.

Leerlinge kan vakkeuses maak uit Afrikaans, Engels, wiskunde, lewens­oriëntering, rekeningkunde, besigheidstudie, ingenieursgrafika en ontwerp, landbou­wetenskap, verbruikerstudie, gasvryheidstudie, lewenswetenskap, rekenaartoepassings­tegnologie, toerisme, fisiese wetenskap, landboutegnologie en landboubestuurs­praktyk, asook elektriese, meganiese en siviele tegnologie. Bykomende vakke wat aangebied word, is dramatiese kunste en alpha-wiskunde.

Die skool is een van die min skole in die Vrystaat wat landboustudie vir gr. 8 en gr. 9 en landboubestuurspraktyke, landbou­tegnologie en landbouwetenskap vir gr. 10 tot gr. 12 aanbied.

Trio beskik oor gekwalifiseerde landboupersoneel met jarelange ervaring in die onderskeie vakgebiede.

Leerlinge word nie net teoreties onderrig nie, maar doen boonop waardevolle praktiese ervaring by die skool se boerdery op.

Die boerdery beskik oor twee plase: Fraaiuitzicht (614 ha) en Rustpan (214 ha).

Sport

Trio bied atletiek, bergfietsry, boogskiet, gholf, hokkie, jukskei, krieket, landloop, lewensredding, netball, perdry, rugby, skaak, swem, tennis en tweekamp aan. Die skool spog met sportgeriewe op internasionale peil en het al verskeie sportsterre opgelewer.

Kultuur

Aktiwiteite van die ATKV-Jeugtak, koor, revue, redenaars, VCSV en Die Voortrekkers, asook die spelfees en Bok-fees word hier aangebied. Leerlinge kan ook aan Jeugskou en olimpiades deelneem en aan die Boerevereniging, Avontuurklub en VLU behoort.

Voornemende leerlinge word genooi om op Woensdag 13 Maart die ope dag by te woon.

Vir meer inligting skakel 056-212-5433, stuur ’n e-pos na info@triohs.co.za of besoek die skool in Noordweg, Kroonstad.

“So nodig soos wat brood vir die lewe is, so broodnodig is Trio vir jou kind se toekoms!”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.