Mense buit diesel ná ongeluk

Chaos het uitgebreek toe mense opgeruk het om onwettig diesel te tap nadat ‘n vragmotor wat diesel vervoer het, omgeslaan het.


Chaos het in Moakeng Kroonstad uitgebreek toe gemeenskapslede in hul massas opgeruk het om onwettig diesel te tap ná ‘n vragmotor wat diesel vervoer het omgeslaan het.

Die drywer het op Dinsdag, 5 Julie omstreeks 06:45 beheer oor die vragmotor verloor. Chaos het op die ongelukstoneel uitgebreek toe gemeenskapslede van Maokeng die uiters gevaarlike ongelukstoneel bestorm en onwettig  diesel uit die vragmotor getap het. Owerhede het hulle hande vol gehad op die ongelukstoneel. Hulle moes die skare uitmekaar probeer dryf dit terwyl die  gemeenskaplede die polisie met klippe bestook het.

Polisielede van die Welkom openbare orde is ontbied om die situasie te ontlont. Brig. Mapulane Mbeloane, waarnemende kommissaris van die Fezile Dabi-distrik, het die optrede deur gemeenskapslede ten sterkste veroordeel en gesê dit ‘n baie gevaarlliks situasie was waarin die gemeenskapslede hul bevind het.

Die 28-jarige drywer was onderweg vanaf Durban na Scheizer-Reneke toe die ongeluk in Kroonstad gebeur het.  Die drywer het net ligte beserings opgedoen, en is na ? nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

You need to be Logged In to leave a comment.