Terwyl die winter om ons vou, hunker ons liggame na warm, voedsame en helende borde kos.
Ons verbeelding tower die heerlikste geure en smake op lank voordat ons nog aan die geregte smul.
Bo en behalwe dat dit ons verwarm en verkwik help die gesonde kosse om ons verstandige winter metabolisme ’n bietjie aan te wakker en ook word ons immuunstelsel te ondersteun.
In ons alledaagse gejaagde lewe, word die tuin ’n toevlugsoord van kalmte sowel as voorsiening vir ’n gesonde en aktiewe leefwyse. Dit is nie net ’n plek van groei nie, maar ook ’n bron van troos vir siel en liggaam. Die gebruik van groente en kruie uit jou eie tuin vir trooskos is nie net voedsaam nie, maar bied ook ’n dieper verband met die natuur en jou omgewing.
Dit skep ’n gevoel van vervulling en voldoening en voed jou gees terwyl jy die vrugte van jou arbeid geniet. Die afgelope twee jaar het ek dikwels raad en idees gegee rondom die aanplant van jou eie groente en kruietuin en nou is die tyd daar (as jul my raad gevolg het) om jou eie gesonde groente en kruie te kan gebruik om die heerlikste soppe, bredies en ander trooskos-geregte te skep.
- Kruietee vir troos: Pluk vars kamille, vinkel, laventel, kruisement en of tiemie en gooi dit saam met ’n skyfie vars gemmer in jou gunsteling koppie, oorlaai dit met kookwater en laat trek vir 2 tot 3 minute. Hierdie tee verwarm en kalmeer en bring ’n gevoel van rustigheid mee.
- Kruie botter: Meng botter met vars gekapte kruie soos pietersielie, knoffel en ’n bietjie sjerrie. Smeer dit op vars gebakte brood of gebruik dit om jou oond gebakte groente te bedruip.
- Vleis, soppe of bredies: Kap seldery met blare en stele fyn en voeg dit die laaste kwartier van voorbereiding by. Kopkool, kale, spinasie, uie of mizuna komplimenteer enige bredie of sop en ek voeg gewoonlik ’n mengsel daarvan by om die digtheid en smaak van die sous te verbeter. Die blare mengsel kan in begin van jou kookproses bygevoeg word en gebruik wat in jou tuin beskikbaar is.
Geregte van tamatie en tamatiebredies word weer gekomplimenteer deur jou somer gemaakte soetbasieliekruid-olie te gebruik om die uie in te braai voordat jy jou tamaties byvoeg. Natuurlik sal ’n paar takkies tiemie ook die smaak ondersteun.
Mag jou tuin ’n oase van troos en lekker kos wees vir jou en jou gesin.