Nuwe rol aangegryp

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het ’n nuwe sportorganiseerder aangestel.


Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het ’n nuwe sportorganiseerder aangestel.

Wanneer Leonard Jacobs die posisie op 1 Oktober amptelik betree, neem hy die leisels by DP Coetzee oor.

“As sportliefhebber en administrateur is Jacobs die ideale keuse om hierdie belangrike amp te beklee, en beskik hy oor die vaardighede wat die pos vereis,” sê Gustav Dreyer, bemarkingshoof van Witteberg.

Jacobs het homself reeds bewys met die organisering van ’n baie suksesvolle sporttoernooi wat op 8 en 9 September by Witteberg plaasgevind het.

“Buiten sy passie vir sport is hy reeds deel van Griffon-rugby en die afrigterskorps van Thabo Mofutsanyana.

“Jacobs beskik oor die vermoë om kinders se liefde vir sport te onwikkel en sy deeglikheid en goeie menseverhoudinge is kenmerkende eienskappe.”

In die gemeenskap is Jacobs bekend as ’n opvoeder wat skouer aan die wiel sit waar dit nodig is en wat nie skroom vir harde werk nie.

Jacobs is besig met sy BEd-graad vir opvoeding op senior en tersiêre vlak.

Hy is ’n lid van Witteberg se sportkomitee.

Op die krieketveld het hy ook vir verskeie seisoene sy talent op provinsiale vlak getoon, en hy bestuur sy eie krieketakademie.

Witteberg se personeel het hul positiewe verwagtinge uitgespreek van hoe die buitemuurse afdeling onder Jacobs se toesig verder ontwikkel sal word.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.