Nuwe oes van boere gesoek

Boere of plaasbestuurders – manlik of vroulik – van oor Suid-Afrika heen kan hulle vir die 15de aflewering van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou inskryf.


Boere of plaasbestuurders – manlik of vroulik – van oor Suid-Afrika heen kan hulle vir die 15de aflewering van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou inskryf.

Volgens vervaardigers het die afgelope 14 reekse bewys dat liefde wel op die kassie gevind kan word.

In 2022 se reeks, waarvan die slot-episode pas uitgesaai is, het drie uit die vyf boere ’n pasmaat gevind.

Trouklokke het al vir talle paartjies uit vorige reekse gelui, en gesinne is sedertdien uitgebrei.

Die volgende reeks sal weer deur Marciel Hopkins aangebied word.

Boere kan kyknet.tv besoek om hulle aanlyn in te skryf of die inskryfvorm af te laai.

Die vervaardigers, Wolflight, kan by 076-600-6090 gebel word, of ’n e-pos kan na boer@­wolflightsa­.­com gestuur word.

Boere moet enkellopend en ouer as 21 jaar wees. Foto’s en afskrifte van identiteitsdokumente is verpligtend met inskrywings.

Inskrywings moet die vervaardigers voor middernag op 5 Mei bereik.

Belangstellendes kan kykNET se sosialemediaplatforms besoek om aankondigings rakende die program dop te hou.

Die uitsending van die nuwe aflewering sal in Januarie 2023 begin.

You need to be Logged In to leave a comment.