Nicole Nieuwenhuizen (8), 'n gr.2-leerder, het die hoogste punte in Noord-Vrystaat-gimnastiek behaal en 'n wisseltrofee ontvang.
Die agt-jarige Nicole Nieuwenhuizen met haar afrigter, Jaco Cilliers. FOTO’S:Verskaf

Die harde werk en ingebore talent van ‘n jong gimnas van Bethlehem is beloon toe sy as die gimnas met die hoogste punte vir die Noord-Vrystaat-streek met ‘n gemiddeld van 9.35 aangewys is. Hiervoor het sy ook die wisseltrofee vir meisies op vlak 1 tot 3 ontvang.

Nicole Nieuwenhuizen (8), ‘n gr.2-leerder aan die Laerskool Jordania in Bethlehem, is op die streek se toekenningsgeleentheid vereer.

Sy neem deel aan die balk-, brug-, vloer- en sprong-roetine en oefen weekliks sedert 2024 by die Bethlehem-gimnastiekklub, waar sy ‘n lid is. Nicole het aan die onderskeie streekkompetisies wat in Bloemfontein en Bultfontein plaasgevind het deelgeneem, waar haar puntetelling bepaal is.

Nicole Nieuwenhuizen (8), 'n gr.2-leerder, het die hoogste punte in Noord-Vrystaat-gimnastiek behaal en 'n wisseltrofee ontvang.
‘n Jong dinamiese en hardwerkende gimnas van Bethlehem, Nicole Nieuwenhuizen, is hier in askie op die rekstok. Sy het baie goed die afgelope jaar in dié sportsoort presteer.

Sy word deur Jaco Cilliers en Joyrane Crouse afgerig.

“Nicole is ‘n baie dinamiese en hardwerkende gimnas, baie vriendelik en altyd met ‘n glimlag op haar gesig. Haar passie en liefde vir die sport is tasbaar. Ek is seker as sy en haar gimnastiek maats in die gimanstieksaal kon bly, sou hulle dit met liefde doen,” sê Cilliers.

Hettie Nieuwenhuizen, Nicole se ma, sê gimnastiek is haar lewe.

“Ons is baie dankbaar vir haar afrigters wat die liefde van die sport wat baie dissipline verg, by haar gekweek het. Nicole is ook baie geseënd met soepelheid wat haar help om die kuns van die sport te vervolmaak.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article