Die DBV-takke van Kroonstad en Bethlehem is, net soos die ander takke van hierdie dierewelsyns­organisasie oor die land heen, afhanklik van maandelikse skenkings om na hul viervoetige inwoners om te sien.

Dié organisasie is daartoe verbind om diere in nood te voed en versorg.

Met die Desember-vakansie wat om die draai is, moet die organisasie egter bykomend voorsiening maak: vir die diere waarna nou omgesien word, asook by voorbaat vir die groot aantal rondloperdiere wat gewoonlik in vakansietye op sy voorstoep opdaag.

Die DBV doen dus vroegtydig op weldoeners ’n beroep om veral dierekos vir die feestyd te skenk.

Skenkings vir die twee takke om elk sy dag-tot-dag-uitgawes te dek is ook nodig.

Lesers wat hulle ondersteuning aan die DBV wil bied, kan skakel die Kroonstad-tak by 079-871-5947 kontak, of die Bethlehem-tak by 058-303-3998.

You need to be Logged In to leave a comment.