AfriForum in Bethlehem het in November opruimings­werk in die Môrelig- en Baken­park-begraafplaas gedoen. Die gras is onder meer gesny om dit netjieser te laat lyk én ter wille van besoekers. “Dit is die Bethlehem-tak se mikpunt en projek vir die somer om al die begraafplase in en om Bethlehem toeganklik te maak. Lang gras maak die grafte ontoeganklik, en daarom is dit ’n voorkeursaak om gras kort en netjies te hou sodat mense hul geliefdes kan besoek,” sê Marc Timms van AfriForum se Bethlehem-tak.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM