Tyd is min om Engo se Projek van Hoop te ondersteun en sodoende die kans te staan om ’n Renault Kwid te wen.
Inskrywing sluit op Vrydag 15 November om middernag, en die finaliste wat gekies word om uiteindelik in die trekking te wees, sal in Desember aangekondig word.
Die projek word vanjaar ’n 12de keer aangebied.
Dit word met die samewerking van Novus Media-gemeenskapsnuus (waarvan onder meer die Vrystaatse gemeenskapskoerante BloemNuus, BloemExpress, Vista en VrystaatKroon publikasies is), Renault Bloemfontein en Evolve Audit and Advisory gedoen.
Engo Vrystaat bedryf 67 verskillende sentrums, huise en kantore oor die Vrystaat heen wat by dié projek baat.
Kinders, bejaardes, hele gesinne, behoeftiges in gemeenskappe oor die Vrystaat heen, mense met gestremdhede, siek mense in hospitale en mense wat graag kinders wil aanneem of laat aanneem, sal almal uit die Projek van Hoop voordeel trek.
De Wet Claassens, hoof- uitvoerende direkteur van Engo, bevestig met elke bydrae aan dié groot projek word ’n verskil in die lewe van bykans 200 000 mense meegebring.
Besoek engo.co.za en doen ’n skenking van minstens R30 om vir die trekking in aanmerking te kom.