Neem leisels oor

Die huidige besturende direkteur van die VKB-groep, Koos Janse van Rensburg, sal einde September aftree.


VKB

Dr.PG Strauss is as die nuwe besturende direkteur van die VKB Groep aangewys. FOTO: VERSKAF
VKB

Koos Janse van Rensburg die huidige besturende direkteur van die VKB-Groep sal einde September die tuig neerlê na 15 jaar diens.Foto: VERSKAF

Die huidige besturende direkteur van die VKB-groep, Koos Janse van Rensburg, sal einde September aftree.

Janse van Rensburg het hom in Februarie 2007 by die VKB-groep aangesluit, en in die 15 jaar het hy ’n merkwaardige bydrae tot die groep se dinamiese groei en vooruitgang gelewer.

In dié tydperk het die groep van ’n koöperasie tot ’n suksesvolle uitgebreide groep van 33 entiteite met gediversifiseerde belange in die landbouwaardeketting gegroei.

Hy is bekend in die landboubedryf en is ’n geliefde en dinamiese leier wat mense saamsnoer om ’n kultuur van uitnemendheid skep.

Dr. PG Strauss is as Van Rensburg se opvolger aangestel. Strauss beklee tans die posisie van besturende direkteur van VKB Landbou en het ’n roemryke loopbaan in landbou en internasionale handel.

Benewens uitsonderlike kennis en ervaring, bring Strauss dinamiese besigheidsvisie en ’n passie vir kliëntediens na die groep.

You need to be Logged In to leave a comment.