Navorsingshulp gevra

Jean Meiring doen navorsing oor die enigmatiese digter Peter Blum, wat in die 1950’s in Kroonstad woonagtig was.


Jean Meiring doen navorsing oor die enigmatiese digter Peter Blum, wat in die 1950’s in Kroonstad woonagtig was.

Hy skryf dat Peter en sy vrou, Hetta, vir die grootste deel van dié dekade op Kroonstad gewoon het, en hy is op soek na mense wat hulle geken het en wat ook skrywes of foto’s van Blum het.

Hy noem dat Blum se kantoordames by die biblioteek waar hy werksaam was, Stimie en Greyvensteyn was. Blum het in ’n skrywe van 1 November 1958 melding van hulle gemaak.

Meiring het agtergekom dat daar in laaie en op rakke oor die wêreld heen briewe en kaartjies lê wat Blum geskryf het.

Meiring wil graag soveel as moontlik inligting oor Blum bekom en vra enigeen in Kroonstad of elders wat inligting oor Blum het om hom te kontak en staaltjies oor die ontwykende Steppewolf te deel.

Stuur die inligting aan jeanmeiring@gmail.com of bel Meiring by 072-115-8962.

“Als met die oog daarop om een van Afrikaans se raarste en briljantste figure aan die vergetelheid te ontruk.”

You need to be Logged In to leave a comment.