Die vreugde bring lig.

Filippense 4:4 sê: Wees altyd bly in die Here. Ek herhaal: Wees bly!

Hierdie teks was Barbara Priddy se teks – ’n jong Amerikaanse meisie in die fleur van haar lewe. Sy was ’n atletiese, aktiewe onderwyser. Haar vak was liggaamlike opvoeding en gimnastiek.

Haar lewe het egter drasties in ‘n oogwink verander toe ’n geheimsinnige kwaal by haar sy opwagting maak.

In die hospitaal het dDokters het lank na die regte diagnose gesoek. Ná ’n hele reeks ondersoeke en toetse is sy in algehele afsondering in die hospitaal geplaas en kon net haar geliefdes deur ‘n glasvenster sien.

Daar, in haar alleenheid, het ’n dokter die nuus gebring en haar meegedeel dat sy polio het.

Toe hy uit haar kamer weg is, was sy verskriklik eensaam, en sy het diep uit haar binneste gesmeek: “Here, gee my asseblief ’n boodskap wat my uit hierdie diepte en duisternis sal optel.”

Duidelik het die antwoord gekom:

“Wees altyd bly in die Here. Ek herhaal: Wees bly!”

Barbara sê sy was stomgeslaan. Hoe kan dit ‘n antwoord op haar hulpgeroep wees?Sy kon tog mos nie ná hierdie verdoemende diagnose van blydskap op en af spring nie. Hoe kon sy bly wees?

’n Paar uur lank het sy met hierdie gedagtes geworstel. Toe het sy dit egter aanvaar en besluit om aan die antwoord van die Here gehoorsaam te wees.

Gou het sy besef die geheim lê in die uitdrukking waarvoor Paulus so lief was: in die Here. Sonder hierdie drie woorde is die vreugde en blydskap van tydelike aard – . Is dit iets wat nou daar kan wees en netnou skoonveldweg.

Barbara het besef sy kon nie in daardie donker, uit haarself kom nie.Die diagnose van die dokter het dit donker om haar gemaak. Haar toekoms was vir haar ‘n groot stuk duisternis.

Die vreugde en blydskap in die Here, “in Christus”, het egter die lig vir haar gebring in daardie donker situasie van haar.

  • Dr. Hannes de Kock is leraar aan die NG kerk Bethlehem-Noord

You need to be Logged In to leave a comment.