’n Fees van saamstaan

Die inwoners van Kroonstad het die naweek weer gewys hoekom hulle met die titel van Kwêla se Dorp van die jaar weggestap het.


Die inwoners van Kroonstad het die naweek weer gewys hoekom hulle met die titel van Kwêla se Dorp van die jaar weggestap het.

Die Kia Makietie was soos ’n beloning vir inwoners se moue oprol om vir die dorp ’n nuwe baadjie aan te trek.

Die makietie was ook deel van die Ignite and Revive-fees en Trio se ope dag.

Dié suksesvolle geleentheid van die afgelope naweek is in minder as drie maande gereël.

Organiseerders het werklik uit hul pad gegaan om ’n heerlike fees saam te stel, met smulpape wat na hartelus verskeie eet- en drinkgoed kon geniet.

Die kinders kon in die pretpark baljaar, terwyl hul ouers na die unieke produkte en dienste van uitstallers kon kyk en lekker kon saamkuier.

Die interaksie en spontane geselsies met bekende akteurs en kunstenaars was ook ’n groot trekpleister op die geleentheid.

Hoewel beurtkrag ook kom inloer het, en die weer sommer al vier seisoene na die geleentheid gewaai het, het feesgangers steeds die fees terdeë geniet.

Hierdie saamwerk en saamkuier het net weer gewys dat saamstaan in slegter en goeie tye wel die moeite werd is – en dié fees sal verseker nie gou vergeet word nie.

Kroonstad se inwoners kan hulself ’n klop op die skouer gee.

Doen so voort, dit is ’n voorbeeld vir talle ander.

You need to be Logged In to leave a comment.