My hart bly hiér

Onlangs ry ek om inkopies te gaan doen en ek besluit om by een van ons werknemers te stop om te verneem hoe dit gaan.


Onlangs ry ek om inkopies te gaan doen en ek besluit om by een van ons werknemers te stop om te verneem hoe dit gaan.

Op die veilingskrale-pad begroet die stank van riool en vullis my. Dit terwyl kinders ongestoord speel. Die pad is gehawend en ek sukkel om daar te ry.

Ná die inloer gaan doen ek inkopies. ’n Vriendelike vrou met ’n baba betaal voor my en sy sleutel per ongeluk die verkeerde PIN-kode in. Die vrou agter my klap haar tong. Ek draai om en sê: “Regtig, ons almal begaan soms dié fout.”

Ná my inkopies ry ek in Mullerstraat, en daar word gewerskaf om die verspoelde pad ná die baie reën op te ruim. Motorbestuurders hier is net so ongeduldig. Sou daar nie opgeruim word nie, sou hulle ook ergerlik gewees het.

Highstraat begroet my met rommel en parkeermeters waarvan die kop halfmas hang. Oorkant die pad sien ek een man ’n ander een jaag, en ek wonder wat is die storie daar.

So tussendeur die slaggate ry ek huis toe en dink aan die ses waterlose dae wat ons beleef het.

Buiten uitdagings wat ons soms moedeloos het, bly ek lief vir Bethlehem en ons land.


Martin Dreyer,

Bethlehem

You need to be Logged In to leave a comment.