Motoriste word gewaarsku oor nat en onbegaanbare paaie in die Vrystaat

Paaie onbegaanbaar ná vloede in die Vrystaat


Hewige stormweer en erge reën is die oorsaak dat sekere paaie in die Vrystaat onbegaanbaar is en alternatiewe roetes gebruik moet word.

Motoriste is gewaarsku om nie die volgende paaie te gebruik nie, omdat dit beskadig is ná vloede:

R76  Kroonstad:  Viljoenskroon: Alternatiewe roete: R721 – R59 

R59 Bothaville – Viljoenskroon – Alternatiewe roete  R727 – R76 – R721 – R59

R34 Kroonstad – Edenville Alternatiewe roete: S151 – 155

R82 Koppies – Sasolburg  Alternatiewe roete: N1

R30 Bothaville – Orkney daar is nie ‘n alternatiewe roete nie

Arive Alive doen ‘n beroep op bestuurders om  versigtig te bestuur as die paaie nat is en dit reën. Verminder spoed en maak die volgafstand na die motor voor jou groter.

You need to be Logged In to leave a comment.