Motor kos dalk net R30

Die tyd raak min om ’n skenking te doen, ’n kaartjie te ontvang en die kans te staan om die splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus te wen.


Die tyd raak min om ’n skenking te doen, ’n kaartjie te ontvang en die kans te staan om die splinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus te wen.

Vir elke skenking van R30 word ’n kaartjie by die inskrywings vir Engo se Projek van hoop gevoeg.

Met die projek wat op 30 September tot einde loop, is daar nie baie tyd oor om ’n skenking te doen nie.

Engo se Projek van hoop word aangebied met die samewerking van Sentraal24 (waarvan VrystaatKroon ’n publikasie is), Radio Rosestad en NTT Suzuki.

Een gelukkige wenner sal die eienaar van ’n Suzuki S-Presso ter waarde van R165 000 word.

Al die geld wat ingesamel word sal gaan aan Engo se 67 sentrums oor die Vrystaat heen, wat projekte bestuur ter onder­steuning van kinders, bejaardes, mense met gestremdheid en gesinne in nood.

Die trekking om vyf finaliste aan te wys, sal aan die einde van Oktober gedoen word en die wenner word op ’n spesiale geselligheid in November aangewys.

Doen ’n skenking van R30 of meer by enige Engo-kantoor, of deur eenvoudig na engo.co.za te gaan.

Rig navrae oor die projek deur 060-548-5543 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.