Moqhaka se begroting onder verdenking

Die Moqhaka-munisipaliteit se begroting vir die 2022-’23-boekjaa r is in omstredenheid gehul, en opposisiepartye soos die VF Plus is daarteen gekant.


Die Moqhaka-munisipaliteit se begroting vir die 2022-’23-boekjaar is in omstredenheid gehul, en opposisiepartye soos die VF Plus is daarteen gekant. 

Moqhaka bedien Kroonstad, Renovaal, Steynsrus, Vierfontein en Viljoenskroon. In sy begroting het die plaaslike munisipaliteit ? buitensporige tariefverhoging, waarvolgens die prys van elektrisiteit met 8,6% sal vermeerder, aangekondig.

“Dit is ver bo inflasie en gaan in die huidige ekonomiese klimaat vernietigend wees omdat inwoners reeds sukkel om hul rekeninge te betaal,” sê Boy Saaiman van die VF Plus. Intussen word verneem dat die betalingsooreenkoms met Eskom vir die afgelope drie maande nie nagekom is nie en dat die uitstaande skuld aan Eskom sowat R80 miljoen beloop. 

Saaiman sê in die vorige termyn is besluit dat inwoners wat na koopkrag oorskakel, maar ? agterstallige kragrekening by die munisipaliteit het, slegs 60% van die krag sou ontvang wat hulle koop. Die res gaan na die munisipaliteit om die agterstallige bedrag te vereffen. Hy voer verder aan dat die geld wat met koopkrag verkry word nie vir dié doeleindes aangewend word nie. 

Boonop is die party ontevrede oor die 75% drinkwater wat weens lekkasie verlore gaan omdat infrastruktuur nie in stand gehou word nie.“Slegs gebarste pype en lekkasies is herstel en geen aandag is aan instandhouding geskenk nie. Dit is die rede waarom Viljoenskroon, Steynsrus en Brentpark gereeld sonder water is.”Die party het hom ook sterk uitgespreek weens die swak invordering rakende uitstaande munisipale rekeninge, asook die feit dat die stelsel wat munisipale rekeninge moet druk, verdwyn het. 

Die VF Plus en die EFF was die enigste partye wat teen die begroting gestem het.

You need to be Logged In to leave a comment.