Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se eerste monoloogfees, Ausum ad Como (Dare to Do), is op 13 en 14 April by die skool aangebied.
Leerlinge van oor die Vrystaat heen, asook van so ver soos Potchefstroom, het deelgeneem.
’n Goeie opkoms met hope talent van hoogstaande gehalte was te sien. Op die Donderdag het die eerste ronde van die monoloogfees plaasgevind. Hierna het deelnemers na die eindronde op 14 April deurgedring. Rowlen von Gericke en Danielle Retief, albei professionele akteurs, het as beoordelaars opgetree en was baie beïndruk met die deelnemers.
“Vanweë die goeie opkoms en reuse sukses van ons eerste monoloogfees het Witteberg besluit om dit ’n jaarlikse instelling te maak,” sê Gustav Dreyer, die skool se bemarker.