Misdaad in visier

Die AfriForum-tak in Bethlehem se nuwe veilligheidshoof is die welbekende fotograaf Ian van Straaten, wat onlangs in die pos aangestel is.


Die AfriForum-tak in Bethlehem se nuwe veilligheidshoof is die welbekende fotograaf Ian van Straaten, wat onlangs in die pos aangestel is.

Van Straaten se hoofdoel is die koördinering van veiligheid en aktiwiteite, asook om samewerking tussen die polisie, sekuriteitsmaatskappye en alle rolspelers om veiligheid in Bethlehem te bevorder.

“Om paraat te wees en voorkomend op te tree is hoe ons misdaad in Bethlehem kan bekamp. Inwoners kan ’n reuse- impak maak en speel ’n kardinale rol deur net hul oë en ore oop te hou,” sê hy.

Hy reken om oplettend te wees is seker die goedkoopste en maklikste manier wat ingespan kan word deur die gemeenskap om misdaad en geweld te probeer bekamp. As veiligheidshoof moedig hy die publiek aan om enige verdagte mense of voorvalle insidente so spoedig moontlik aan die polisie en plaaslike sekuriteitsfirmas te rapporteer, veral nou met die feesseisoen op hande.

Die Bethlehem-buurtwag spog nou met ’n hommeltuig wat ’n termiese kamera het, wat uitstekend vir nagpatrollies is om boosdoeners saans vas te trek.

Van Straaten is die tweede hommeltuig-operateurder van AfriForum wat verlede maand sy operateursertifikaat van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) verkry het en is deel van die organisasie se lugvleuel wat uit 121 lede bestaan.

Die doel van die vleuel is om lugbystand te lewer op nasionale vlak in enige krisis.

Die Bethlehem-hommeltuigspan help gereeld die polisie, nooddienste en die brandweer veral saans indien daar ’n krisis opduik en is al deur verskeie boereverenigings genader om veediefstal te probeer bekamp.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.