Skaars ‘n week nadat ‘n jong Kroonstadter met leukemie gediagnoseer is, het die gemeenskap hande gevat om haar en haar ouers by te staan.
Ilya
van den Berg (5), die dogtertjie van Zuna-Marie en Duanne van den Berg, is op Donderdag 19 Oktober met kanker gediagnoseer.
Sy het
voor verlede week die kindersiekte pampoentjies onderlede gehad toe die
dokters besluit het om ‘n volbloedtelling te neem. Kort
daarna is bevestig dat Ilya met leukemie gediagnoseer is.
Leukemie is ‘n kanker wat meestal in die bloedvormende weefsels, beenmurg en die
limfatiese stelsel ontstaan, en dié vorm van kanker is baie meer algemeen onder kinders.
“Dit is vir
ons hartseer dat een van die The Growing Tree-boompies met leukemie gediagnoseer
is, en ons as skooltjie wil haar en haar ouers baie graag in dié moeilike tyd
ondersteun en bystaan,” sê Seugnet Oelofse, eienaar van The Growing Tree, waar
Ilya skoolgaan.
Sy ontvang tans kankerbehandeling by die Universitas-hospitaal in Bloemfontein.
Oelofse sê dit is vir haar ‘n riem onder die hart dat die Kroonstad-gemeenskap onmiddellik
ingespring het om te help, en verskeie skenkings is reeds ontvang om die mediese uitgawes te help vereffen.
Enigeen wat ‘n bydrae kan lewer, kan Oelofse by 082-699-1070 bel vir meer inligting.
Die kinders van The Growing
Tree beplan om Vrydag Springbok-ondersteunersklere aan te trek ter wille van geldinsameling en R20
per maatjie aan Ilya te skenk.