Mans eis vergoeding

Die twee mans wat van die moord op die plaas­voorman Brendin Horner vrygespreek is, eis nou elk R6 miljoen van die minister van polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG).


Die twee mans wat van die moord op die plaas­voorman Brendin Horner vrygespreek is, eis nou elk R6 miljoen van die minister van polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Horner is op die aand van 1 Oktober 2020 by ’n plaashek buite Paul Roux ingewag en vermoor.

Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba is op 3 Oktober 2020 in hegtenis geneem en was tot Mei 2021 in aanhouding. Hulle is in November 2021 onskuldig bevind aan moord en veediefstal.

Die polisie word vir onregmatige inhegtenisneming en aanhouding gedagvaar en die NVG vir kwaadwillige vervolging. Matlaletsa se prokureur, Machini Motloung, meen die saak is verpolitiseer en dat Bheki Cele, minister van polisie, te veel ingemeng het.

“Die manier waarop Horner vermoor is, wys mos vir ons ’n sindikaat wou ’n boodskap oordra,” sê Motloung.

Sedertdien is niemand in hegtenis geneem nie, terwyl videomateriaal wys hoe sowat vyf mense met Horner se bakkie van die toneel vlug. Alet van der Walt

You need to be Logged In to leave a comment.