Maluti-berge met fut aangedurf

Twee atlete van Centurion het Vrydag (22/04), op dag 12 van hul 17 dae lange moordende tog om Lesotho se Maluti-berge te deurkruis, die hoogste piek baasgeraak.


Twee atlete van Centurion het Vrydag (22/04), op dag 12 van hul 17 dae lange moordende tog om Lesotho se Maluti-berge te deurkruis, die hoogste piek baasgeraak.

“Die berg was ’n bietjie lelik met hulle,” het Adrian Saffy, ’n Bloemfonteinse avonturier en prokureur, gesê.

Die Gautengse atlete Ryno Griesel en Ryan Sandes, twee ultraveldwedlopers, het die Mafadi-piek – op 3 446,1 m die hoogste in Suider-Afrika – Vrydag oorwin. Hulle is om 02:00 berg op.

Saffy en Wiesman Nel, 2019 se naaswenner van die Mongoolse Derby-perdresies in Mongolië wat op die plaas Moolmanshoek tussen Ficksburg en Rosendal woon, is saam met die groep vir ondersteuning.

Die atlete probeer om die roete van 1 100 km binne 17 dae te voltooi. Hulle het Mafadi Donderdag aangepak en Vrydag laatmiddag daarvan afgekom. Hulle het toe by Montana in Lesotho by Saffy en die ander ondersteuners aangesluit.

Sandes sê 650 km is reeds afgelê. Hy glo hulle was die eerstes wat dit “in one go” aangepak het.

“Die toestande was meer ekstreem as wat ons verwag het. Dit het gesneeu, die wind het gewaai en dit was die koudste wat ek al in my lewe gekry het.”

Hul kos het opgeraak en Sandes se kuite was bebloed van die geskuur teen sy broek.

Sandes sê sedert hulle begin het, was daar uitdagende dae met uiterste weerstoestande wat ver buite hul gemaksone is. Die terrein het ook veroorsaak dat hulle stadiger moet beweeg.

“Tog is ons opgewonde om te dink dat ons die Drakensbergreeks in minder as 20 dae in een tog sal deurkruis.”

  • Die atlete se tog kan onder #navigatelesotho op sosiale media gevolg word.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.