VKB Meganisasie bedryf 13 meganisasietakke, met ’n wye reeks produkte en agentskappe wat aan kliënte gebied word.
As ’n gemagtigde Case-handelaar in die Oos-Vrystaat en Limpopo streef VKB Meganisasie daarna om die nuutste tegnologie en toerusting tot op produsente se voorstoep te bring.
Om in die omvattende behoeftes van die moderne produsent te voorsien het VKB Meganisasie bykomende verskaffer-ooreenkomste met plaaslike, asook internasionale, handelsmerke gesluit. Enkele voorbeelde hiervan is: Amazone, Falcon, Agricad, Equalizer, Jupidex, Rovic Leers en Boki.
Altesaam 12 bekwame bemarkers verseker dat kliënte die regte toerusting koop, en gekwalifiseerde werktuigkundiges in die werkswinkels hou die wiele aan die rol op die plaas.
Alle personeel ontvang deurlopende opleiding om hulle met nuwe kennis toe te rus waarmee hulle net die beste dienste aan kliënte kan lewer.
Wat onderdele betref, bly VBK op Case-produkte fokus, en die reeks word uitgebrei om seker te maak VBK bly ’n eenstop-oplossing vir kliënte se omvattende meganisasiebehoeftes bied.
VKB Meganisasie het in 2017 ’n transmissieafdeling begin met kundige personeel wat in Reitz en Warmbad gesetel is om die groep van kennis en produkte te voorsien.
Werkswinkels met gekwalifiseerde personeel lewer ’n onmiskenbare ondersteuningsdiens aan elke produsent. VKB Meganisasie se volgehoue fokus op opleiding ook hier verseker die kliënt van algehele gemoedsrus dat sy belegging altyd in goeie hande is.
Alle produsente word genooi om VKB Meganisasie te kontak vir professionele diens, mededingende pryse en wêreldgehalte-aanbiedinge wat die produsent met die beste hedendaagse toerusting en tegnologie in aanraking sal bring.
Vir kontakbesonderhede besoek vkb.co.za, klik op “VKB Agriculture” heel boaan die blad en dan op “Mechanization” onder die opskrif “Departments”. Die webblad het ook ’n verstelling vir ’n Afrikaanse weergawe. Besoek verkope.vkb.co.za vir die nuutste geklassifiseerde advertensies rakende gebruikte goedere.