Agt lede van die Kroonstad-gimnastiekklub het in Oktober die Vrystaat-span op die South African Gym Games in Pretoria verteenwoordig. Die Kroonstad-groep het met gimnaste van oor Suid-Afrika heen in ’n strawwe kompetisie kragte gemeet en goed gevaar. Hulle is op die vlak 4-byeenkoms en ’n kampioenskapsbyeenkom wat in Augustus in Bloemfontein plaasgevind het, gekies om op nasionale vlak deel te neem. Van links is, voor: Megan Myburgh en Christi Snyders Credit: SYSTEM