’n Taakspan is saamgestel om ondersoek in te stel na die moontlike betrokkenheid van lede van die polisie by veediefstal in die Oos-Vrystaat, wat Paul Roux en Senekal insluit.
Sam Mashinini, Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer en ook Vrystaatse voorsitter van die ANC, het in die wetgewer gesê hy het dié taakspan aangestel om oplossings te vind.
Daar was veral ná die moord opdie 22-jarige Brendin Horner in Oktober ernstige aantygingsdat polisielede by veediefstal betrokke is. Boere in die Oos-Vrystaat hetná Horner se dood gesê lede van die polisie is moontlik by veediefstal-sindikate betrokke wat daar bedrywig isen dat verskeie klagte daaroor al by die polisie ingedien is.
In die lig daarvan dat Horner doodgemaak is toe hy vermoedelik op veediewe afgekom het, het dr. Roy Jankielsohn, DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, gevra wie deel van die ondersoekspan na plattelandse misdaaden veral veediefstalle is.
Mashinini het gesê die taakspan bestaan uit lede van die Valke, misdaadintelligensie en die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod). Speurders is ook betrokke by die taakspan wat die bewerings in die verslag wat Vrystaat Landbou (VL) by die polisie ingedien het, gaan ondersoek. Hy het bevestig die provinsiale polisiekommissaris en bestuurslede van die polisie, waarby die Valke en misdaadintelligensie ingesluit is, het op 19 Oktober met leiers in die landbougemeenskap vergader.
Meer besonderhede daaroor sal later verskaf word.Jankielsohn sê hy is bly ’n ondersoek op so ’n hoë vlak word gedoen en dat die span indie taakgroep oor verskeie ’n verskeidenheidvaardighede beskik.
“Maar ons wil resultate sien en nie eindelose ondersoeke nie,” beklemtoon hy.
“Die resultate moet wys deur mense wat in hegtenis geneem en vervolg word.
“Dit gaan net gebeur as die howe ordentlike forensiese inligting kry?.?.?. Sake moenie herhaaldelik uitgestel word nie, want dan kry die boosdoeners kans om met misdade voort te gaan.”
- Herkie Viljoen, voorsitter van die Bethlehem-distrik se landbou-unie, wat die Bethlehem-beheersentrum verteenwoordig met plekke soos Paul Roux, Clarens, Fouriesburg, Kestell, Daniëlsrus en Kaallaagte, sê uit hul gebied se statistieke lyk dit asof daar maandeliks sowat R1,1 miljoen se vee gesteel word.
Hy sê Bheki Cele, minister van polisie, besoek hulle weer Donderdag (12/11)op 12 November.
“Ons het ’n bygewerkte verslag van al die besonderhede oor veediefstalsake in die gebied aan sy departement gegee. Hy het ons vroeër besoek en gesê hy kom ná 21 dae terug om opdragte aan die polisie te gee.
“Ons sal na sy plan luister en as ons tevrede is, sal ons saamwerk. As ons nie tevrede is nie, sal verdere druk toegepas wordtot daar werkbare oplossings is.”
Hy sê die boere is in ’n oorlewingstryd gewikkel, maar sien nie inhegtenisnemings en vervolgings nie.Die nasionale veediefstalforum, wat onder die Rooivleisprodusente-organisasie val, sou hulle ook Maandag (08/11) besoek.
besoek hulle ook vandag.
photo-group