Die sanger Ruan Josh tree op Saterdag 12 Maart in Kroonstad op. Dié vertoning, ten bate van die Northern Free State Caregivers (NFSCG), word om 17:00 in die Johan Slabbert-skool se saal in Du Toitstraat aangebied. Die NFSCG bied tuisversorging aan kankerpasiënte. Belangstellendes kan Wollie van Schalkwyk by 076-044-1686 bel of die NFSCG se Facebook-blad besoek. Kaartjies kos R100. ’n Ligte vingerete sal bedien word.Foto: Verskaf


Lewer positiewe bydrae

You need to be Logged In to leave a comment.