Carli sê sy wil haar span in die hokkieseisoen met ’n hegte vriendskapsband lei. Sy glo dit sal vir seker ’n positiewe uitwerking op haar span hê en dit sal hul motiveer om deur te druk en te veg tot op die einde in elke wedstryd; hulle is ’n eenheid.
’n Hoogtepunt vir haar en haar span was toe hulle die onoorwonne hokkiespan van die Hoërskool Pearson in Gqeberha, op die hokkieveld kon verslaan.
Iets wat vir baie ander spanne ’n onbegonne taak was.
“ ’n Goeie leier moet goed kommunikeer, selfvertroue hê en entoesiasties wees. Ek pas die eienskappe voordurend toe en gee my beste om ander te help, te dra en om elke speler in eie reg op te bou om die beste weergawe van hulself te wees.”
Carli sê sy en haar span sien vreeslik uit na die derby en dat hulle weet dit sal ’n naelbytwedstryd wees, want albei die spanne het uitstekende spelers met hope potensiaal.
“Ek motiveer my span deur hulle kort-kort te herinner dat ons almal dieselfde uitdagings trotseer, ook dat ons hard gewerk het asook om die positiewe gees hoog te hou.”