Leersame sessie verbreed VLU-lede se kennis

Op die onlangse vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak het Louise Boden van die Hedgehog Leather Taxidermy and Tannery, lede meer van die taksidermisbedryf en leerlooiery vertel. Die vergadering […]


Op die onlangse vergadering van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak het Louise Boden van die Hedgehog Leather Taxidermy and Tannery, lede meer van die taksidermisbedryf en leerlooiery vertel. Die vergadering het op 25 Februarie plaasgevind en Kerilee Boden, Boden se dogter was die sameroepster.

Boden het haar eie werkswinkel op die plaas De Moed buite Koppies in 1987 begin en verskaf aan ‘n heelwat mense werk.

Sy het die proses verduidelik hoe diere opgestop word. Boden het al verskeie boksoorte,’n krokodil, groot luiperd en ‘n renosterkalf opgestop. Daarvoor het sy verskeie trofeë verower.

In 2007 het Boden siek geword en is sy nou in ‘n rolstoel, maar haar gesondheidsuitdagings het haar nie teruggesit om haar werk te doen nie. In teen deel het haar onderneming uitgebrei en hulle maak vandag ‘n groot verskeidenheid leerprodukte. Dit sluit in handsakke, pantoffels, gordels en geweersakke.

“Die pad is nie elke dag maklik nie, maar met deursettingsvermoë, gebed en die ondersteuning van vriende en familie glo ek dat genesing naby is,” sê Boden.

Na die praatjie het elke lid het ‘n stukkie leer gekry waarmee hulle boekmerke in die vorm van ‘n Valentynshartjie kon maak om die maand van liefde te vier.

Maria Koki, Boden se regterhand het die lede gehelp om die regte naald en gare te kies en het gewys hoe om met die leer te werk.

Vir meer inligting of om betrokke te raak bel Catrien Koekemoer by 069 595 1112 of Elsa Jonker by 084 600 6012.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.