Op Maandag 31 Januarie het 28 leerlinge in landboubestuurs­praktyk aan die Hoërskool Trio ’n Safex-kursus bygewoon. Van links is, voor: Waldo Maree, André Fick, Bongani Nhlapo, Keitumetse Sethabela en Deidré Erasmus

Leerlinge in landboubestuurs­praktyk aan die Hoërskool Trio in Kroonstad het onlangs ’n kursus van die plaaslike landbou­kommoditeite­beurs Safex bygewoon.

Dr. Mariëtte Geyser van die Noordwes-Universiteit het dié kursus op Maandag 31 Januarie by die skool aangebied.

Altesaam 28 gr. 12-leerlinge het dit bygewoon.

Onder meer handel in afgeleide markte, prysbepalings en pryssienings, landbourisiko’s, die invloed van prysrisiko’s, termynkontrakte, opsiekontrakte, opsiestrategieë en verhandeling op die kommoditeitsmark is in die sessie bespreek.

Geyser het ook vir elke leerling ’n eksemplaar van haar doktorale proefskrif, “Kort en Lank van Termynmarkte”, gegee.

You need to be Logged In to leave a comment.