Land nog in laatwinter se greep

Sneeuneerslae het die afgelope naweek die Vrystaat en onder meer dele van KwaZulu-Natal in ’n sprokieswêreld verander.


Sneeuneerslae het die afgelope naweek die Vrystaat en onder meer dele van KwaZulu-Natal in ’n sprokieswêreld verander.

Met die skole wat Vrydag amptelik vir die Septembervakansie gesluit het, was motoriste van oraloor op pad na KwaZulu-Natal vir ’n wegbreekkans om kragte op te bou vir die laaste kwartaal wat moedig aangepak sal word.

Hoofweë was van vroegdag bedrywig; min wetend dat die N3-hoofweg by die Van Reenenpas en Harrismith vir talle motoriste wat na ’n seevakansie uitsien, ’n ysige oornagplek sou wees.

Op Vrydag 20 September het honderde motoriste ’n ysige nag beleef toe paaie as gevolg van die sneeu gesluit is.

Vir sommige was dit ’n wonderlike ervaring om die spierwit sneeu oral te sien en te ervaar. Tog het die sprokie vinnig plek gemaak vir ’n angswekkende ondervinding vir die meeste. Owerhede en reddingspanne kon nie die vasgekeerdes te hulp snel nie.

Gure weer het dit selfs onmoontlik gemaak vir helikopters om reddingspogings uit te voer. In die voorval is twee mense weens die koue oorlede. Van die motoriste was tussen 12 tot 16 uur in die sneeu vasgekeer.

Menslikheid en omgee het egter geseëvier.

Die vasgekeerdes het hand uitgereik na mekaar en in die benoude oomblikke ondersteuning en bystand gebied, met mooi stories van omgee en menslikheid weens ’n koue nag in die sneeu wat volg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.